Vakuum

Klokglas met suier-vakuumpomp vir eksperimente.

'n Vakuum is 'n ruimte sonder materie en sonder druk. In die omgangstaal word daar dikwels ook van 'n lugleegte gepraat. In 'n perfekte vakuum is daar 'n druk van 0 pascal (Pa).

Die term vakuum word gewoonlik gebruik vir:

  • In fisika verwys dit na 'n materiaalvrye ruimte, wat nie noodwendig veldvry is nie (dit kan byvoorbeeld lig bevat).
  • In ingenieurswese verwys dit ook na 'n ruimte waar die lugdruk laer as atmosferiese druk is.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search